Jongste aktiwiteit:

TYD OM TE GEE

Die tyd van die jaar skarrel almal rond vir kersinkopies en dis jaareindfunksies en die lys gaan aan. Dis asof daar meer haas en minder spoed in November is.

Beplande of bespreekte vakansies lê voor die deur en so wil almal minder doen en is daar in elk geval nie genoeg tyd om alles klaar te kry nie. Belaglike duur geskenke pryk onder die kersboom terwyl ouers met ‘n drankie in die hand op hul selfone gesels.

Tog maak dit my hartseer as ek terugdink voor my pa se dood in de Aar. Daar was net ‘n matras my ma en vier kinders wat niks van die lewe geweet het nie. Haar vingers het snags by ‘n geleende kers om die gare gevleg om ‘n lappie te hekel om die volgende dag te kon gaan verkoop vir kos.
Daar was toe al nie krag nie, maar dit was nie eskom se skuld nie. Daar was ook nie water nie. Ons het snags as die bure se sproeiers aan was gaan water skep.
Armoede los ‘n letsel op ‘n mens se siel.

Vandag lyk dinge erger. Daar is ongelooflik baie mense wat by robotte ‘n geldjie vra. Daar is so baie organisasies wat skenkings soek of geld insamel. Ek het al gewonder hoeveel mense regtig die hulp kry, maar besef daar is net te veel wat hulp vra.
Ek het myself uit my nostalgiese gedagtes laat regop sit .

‘n Gedagte het in my binneste posgevat.
In plaas van om vir hoeveel mense geld te gee hoekom gebruik ons nie ons eie inisiatief en lewer anoniem self ‘n kospakkie, kruideniersware en ‘n paar noodsaaklikhede self af by verskeie mense se huise nie.
Dis heel eenvoudig. As jy nie iemand ken wat swaarkry nie gaan vra by jou kerk. Jou kind ken dalk ‘n maaitjie by die skool wie se ouers deur ‘n moeilike tyd gaan. So volg ons die voorbeeld van Jesus om iets van onsself weg te gee, nes Hy aan die kruis .

Daar is die boks projek wat Burre Burger geloods het vir elke boervrou . Boere is in droogtes en veldbrande bygestaan met voer oor die hele land . Dan is daar Nico Schamrel met die “Gebel vir ‘n Boer” projek waar hulp verleen word met plaasaanval slagoffers .
Daar is groot organisasies soos Afriforum en Solidariteit, maar een mens kan nie so massiewe projek alleen loots nie. Jy kan bydrae wat ‘n verskil sal maak of jy kan net deur om jou te kyk ‘n verskil maak.

Daardie uitreik aksie van jou gaan ‘n rippel effek het en dit sal November en Desember van 2023 soveel kinderharte blymaak om net ‘n bord kos te kan het.

Ek weet ‘n geskenk maak ‘n mens se hart bly, maar vir eenkeer neem ‘n paar rand en maak die verskil in iemand se lewe. Weet julle daai gevoel kan ek nie beskryf nie.
Dis die tweede jaar wat ek dit doen en elke keer bars my hart in duisend stukke. Daar is so baie mense wat die hulp benodig en so min mense wat die hulp kan gee, maar nie doen nie.
Kom ek vra nederig vandag vir elkeen wat hier sou lees. Kies een gesin waarvan u weet wat regtig dit nodig het en koop ‘n paar goedjies of ‘n koopbewys en gaan gee dit af. Moenie jou naam sê nie want God stel jou instaat om dit te kan doen en die eer kom Hom toe.
Ons neem ook nie fotos nie en jy gaan niks daarvan sê op sosiale media nie. Nee, dit sal jou liefde uitreikaksie wees en daarna kan jy in jou motor of by die huis die deur van jou binnekamer toe trek en sê :” Dankie my Vader, dat ek dit kon doen en dat U my seën dat ek vir my gesin kan voorsien. Amen.

As ons vandag eerlik met onsself wil wees sal ons erken dat ons dikwels onsself blind hou vir die bedelaar op straat.  Wat ons vergeet is dat hy of sy ook ‘n mens met gevoelens is , dat ons nie die persoon se omstandighede ken nie. Wat ons nooit moet vergeet nie is dat ons omstandighede in ‘n oogwink kan verander want wat ons het is net genade en ons moet nooit dink dat ons te goed is dat dit nooit met ons kan gebeur nie.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed