Jongste aktiwiteit:

Afrikaner se Arbeid Adel (Brons)

Afrikaner se Arbeid Adel

Afrikaner, eendag eendag lank lank gelede

het jy in geloof spore in die sand getrap

met perd, ossewa, seer voete oor berge getrek

gevlug van onderdrukking met God en gebede

om in nuwe toekoms vir jou nasate uit te kap

 

Afrikaner, jy’t gesien spiere bult en sweepslag swiepend klap

gehoor hoe bulk osse wat swetend vorentoe trek

geruik as vleis op die braaivleisvure rook

gesmaak hoe jy dapper na nuwe vryheid stap

gevoel hoe elke tree nuwe verwagtinge wek

 

Afrikaner, wakis, stoele en emmers wat onder houtbalke swaai

met jou Bybel as rigsnoer het jy vasgehou aan God se genade

het jy vir jou godsdiens, taal en kultuur bloed gesweet

om vir jou nageslag nuwe hoop, geloof en vryheid op te laai

oor berge, deur dale en valleie het God jou gedra met sy liefde

 

Afrikaner, maak vandag jou toekomswense arbeid adel

bou voort op die diep spore wat die pad aanwys

volhard met vuur, vlam en vasberadenheid jou lewenstaak

dra met trots jou godsdiens, taal en kultuurvaandel

maak jou liggaam, siel, gees en emosies hoog op jou lys

 

Afrikaner, laat jou roepstem steeds oor vlaktes en berge hoop uitbasuin

laat jou geloof volhard in tye van nood en dodelike aanslae

laat jou wortels met vuur en vlam diep ankers uitsprei

met toewyding en volharding bereik jy die hoogste kruin

sodat jou taal en kultuur sal voortleef tot in lengte van dae

 

Afrikaner, laat jou wierook deur alle nasies geure versprei

om in Afrikaans te dink – hoor – sien – ruik – praat – voel

maak ons nageslag magtig sodat ons taal kan oorwin

bou voort om ons kultuur en taal uit die dorland te lei

laat Afrikaans vrylik vlerke kry met oorlewing die grootste doel

@Linda du Plessis 16/11/2023




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed