hekel met ‘n kreukel
ouma het my vrou geleer hekel
sy hekel tot haar oë ingee daarvan
dan begin sy lees en lees tot haar oë brand
wanneer sy nie meer die garing in die naald
se ogie kan kry nie begin sy kosmaak
wanneer dit alles nie meer werk
begin sy hekel aan my
“jy moet nog dit”
“of nog dat”
ai ouma
wonder of jy
weet hoeveel jou
gehekel my al gekos het
in trane en misverstande
wie ‘n vrou se gehekel
kan ontleed en verstaan
kan net ‘n vrou wees
hekel met hierdie
steek of daardie draai
hekel moet hul hekel
van hier tot by die
man in die Maan
een lang string hekel
wat geen man
verstaan
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.