Jongste aktiwiteit:

Wegkruip

die laaste rak
in dolle winkel geskarrel
ń wegkruip plek
agter boeke.

ń dowwe gemoed
vind sagte krag
in stories
by die boeke plek.

die dampkring van muf
wat in my neus
ń tuiste vind
vul my.

wysheid oor jare verwoord
staan hier vasgevang in rakke
met die reuk
van papier.

in rooibruin leer gebind
met ou goud gespan
is papier
wat vertroue verkoop.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed