Jongste aktiwiteit:

Verlange – Silwer klas

Kruidjie-roer-my-nie
hoor my lied wanneer ek
onbeskaamd
my treurlied vir die volmaan neurie
en jou blare om my vingers toevou
jou takke hang asof jy saam met my ween

Kruidjie-roer-my-nie
hoor my lied wanneer ek
en die Piet-my-vrou
vergeefs na ons hartsmaats roep
die hartseer note eensaam alleen
die doodse stilte verbreek




2 Kommentare

  • Anze

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2020 – Klanknabootsing projek

  • Koos Elsum

    Het laas die muskus vd Kruidjie-roer-my-nie op my ouma se stoep jare terug ervaar. Dankie vir die gedig wat meskien ń ander verlange in my opgeroep het. Ek glo ons leer deur te ander te lees en kommetaar te lewer. Ek het onderneem om ń kommetaar telling teen 10% of beter vd aantal eie plasings te onderhou. Kan ek jou vra om dieselfde te doen en so die Ink ervaring te verryk vir almal.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed