Jongste aktiwiteit:

Steel

in die walm van bestaan
staar oë na goed
op ander man se stoep
as algemene besit.

doek gesig vat
geld by gesiglose bank
wat versekering eis
betaal deur ń ander man.

steel is ń gemene deler
met almal ń bietjie armer
dief tydelik ryker
met vreemdeling se wraak.

skuld beken en restitusie
van gesteelde waarde
beredder nie die bitter
vrot vrugte.




2 Kommentare

  • Amanda

    Waar woorde. Vir die skelm word bygevoeg terwyl die eerlike man net armer word.

  • Koos Elsum

    Duisend dankie vir die terugvoering dit is so waardevol vir my. Ek sien dit nou eers raak sal ook maar Covid die skuld gee! Sal jy ook asb ander Ink lede aanmoedig om kommetaar te lewer. Ek voeg die volgende by my skrywes. Ons leer deur te ander te lees en kommentaar te lewer. Ek het onderneem om ń kommentaar telling teen 10% of beter vd aantal eie plasings te onderhou. Kan ek jou vra om dieselfde te doen en so die Ink ervaring vir almal te verryk.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed