vrees
om bang te wees is nie ‘n skande nie
wanneer bang wees, vrees word
kan dit problematies wees
mens verloor nooit vrees vir die dood
jou liggaam reageer instinktief
op al wat pyne en seer is
veral vir die weerlose is vrees baie erg
hoe minder voorbereid jy daarop is
hoe erger kan jy dalk reageer
met ouderdom kom ervaring van die dood
met naby-dood ervarings kry jy kalmte
al is dit net in jou gees
verskriklike pyn en vernedering kan jou breek
om op te staan van ‘n siekbed of erger
kan jou siel verstomp en jou regeer
om jouself te verskans daarteen help min
beleef die lewe van geweld om jou
en lewe jou empatie met ander
om heeltyd die ergste te verwag is sleg
om jouself daarop voor te berei
is proaktief en bring krag
min mense het nog nie geweld ervaar nie
die afbreek van menswaardigheid
is die terroriste se groot doel
maklik om te glo dit sal nie met jou gebeur
die wat langs die pad bly lê het dalk ook so gesê
wat belangrik is daarvan, is om weer op te staan
die stryd wat ons vandag stry, is teen satan vanself
soos vergestalt in sy barbaarse instrumente
gerig daarop om jou geloof te breek
jy sal nooit weet hoe sterk is jou geloof
voor dit nie werklik getoets word nie
sluit aan by die Vader se soldate
jou en my Skepper het spesifieke beloftes
waarin Hy belowe om altyd by jou te wees
deur alle leed, bly glo want jou Siel is Syne
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.