Jongste aktiwiteit:

Intermezzo in die huis van donkerte

Die Kraaibek man se innuendo’s
vertak soos sy arms om sy seepglad mond
in sy trommel verkwis hy grond
vir negehonderd en twintig pond
en as deel van die buidel …

Ou arme Ditt sou nooit kon leed
dat die inpertinante Kraaibek man
vir slegs negehonderd en twintig pond
die grond uit sy poeskas verkwansel
en alles ommesientjie met ‘n blinkoog knip

So ‘n rampspoedige gedoente uit die trommel
onder hemelse wolke wat swerk
Ditt sonder sokkie en Ditt sonder hokkie
terug na die die buidel roep die kraaibek koor
“die kuile lê leeg, die kuile lê leeg …”

Wie kon vir ou Ditt behaag
nie eers ‘n gedorie het dit gewaag
sy woede woes en braak
oor sy lande sal hy storms wraak
en geen kalmte oor hul inkalwe

Die kraaibek man met sy seepglad mond
moes met sy soebattong by Ditt beknies
en al die dittsems het saam bespiegel
onder die hemelse wolke wat swerk
want kraaibek koor moet trek

‘n Allermintige neentig pond
dit is die woorde van die grond
het Ditt beknor, gedorie sou nog hoor
die Kraaibek man, en sy koor wat sing:
“die kuile is toe vol, die kuile is toe vol”

Gedories het oral remoer oor Kraaibek man
konkel kon hy maar, maar ‘n Ditt kon hy nooit
‘n Ditt kon hy nooit …

©Morné du Preez




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed