
JANUARIE 2023: UITSLAE EN KOMMENTAAR –– PROJEK NUUT
Baie geluk aan hierdie 11 lede!
WENNERS
GEDIGTE
BRONS
NO 4 – Pieter Mostert met Sinestesie
NO 1 – Fanus Strydom met Nuwejaarsbeloftes
NO 2 – Pieter Mostert met Lente
SILWER
NO 6 – Elize Kruger met Paradoks
NO 5 – Elize Kruger met Oor nuwighede en goeters
NO 3 & NO 11 – Hester Steenkamp met Die wildevy & Marlene Erasmus met Nuwe dag
GOUD
NO 14 – Elmarie Nienaber Van Kampen met Seebries
NO 9 – Loretta Szikra met Voëlvry
NO 18 – Caren Kearley met Tydig
MENINGSTUKKE
NO 1 – Ano met In hierdie oomblik
NO 2 – Marlene Erasmus met Handewas is groot pret
RUBRIEKE
NO 2 – Marlene Erasmus met Op die nuwe jaar
NO 1 – Driekie Grobler met Die betowering van eerstehands
ARTIKELS
NO 1 – Marlene Erasmus met Neologisme
NO 3 – Ano met Vryheid van keuse
NO 2 – Marlene Erasmus met Lugbraaiers het die wêreld op hol
VERHALE
NO 4 – Johan van Rensburg met Die jaar van vergewing
NO 2 – Pieter Mostert met Die prefek vertel
NO 1 – Fanus Strydom met Die deurbraak
KOMMENTAAR
Gedigte
BRONS
1. Nuwejaarsbeloftes
Jou vers is beeldryk en lees lieflik. Ek wonder effe oor jou keuse ten opsigte van die tipografie. Daar is plekke waar die losstaande woorde in ‘n reël meer verwar as wat dit die klem plaas. Miskien kan hierdie woorde geïnkorporeer word?
Nietemin ‘n skitter vers.
2. Lente
Die vers is werklik beeldryk, wat tóg wil voel asof dit dalk oordadig kan wees, maar elke stansa omskryf ‘n nuwe waarneming en daarom kan dit só aanvaarbaar wees. Dit is regtig ‘n mooi poging en die vers sluit op ‘n besonderse sterk hoogtepunt. Mooi gedoen.
4. Sinestesie
Dankie vir die voetnota, want onderwyl ek verstaan wat dit beteken, kan jou lesers daarby baat vind. Jou vers is dus sintuiglik briljant en ongelooflik slim geskryf. Ek is baie beïndruk met die standaard van jou vers. Welgedaan.
8. Oggend na die reën
“Binneste”…spelling! Ek sien nié spelfoute oor nie.
10. Gebed vir ‘n vonkeljaar
Die leestekens en aksente in jou vers is slordig. “Verrassing”… spelling. Ek beoordeel nie jou vers nie.
15. Ouder-ling
Ek dink jy het ‘n tema aangespreek wat in ons gejaagde wêreld al meer relevant word. Jy het die progressie baie goed beheer en die slot is treffend. Mooi gedoen.
16. Oorbegin
Jou vers is aards en eerlik. Mooi beelde hierin. Mooi gedoen.
19. Nuwe hoop
Die komma ná “wense” is onnodig. Ek sou die laaste sin só aangebied het:
“in vonkelnuwe tyd”. Die opdrag het ruimte gelaat vir eie interpretasie so jy kon met vrymoedigheid die woord gemanipuleer het. Ek hou nietemin van jou kort en kragtige vers.
20. Januarie
Die vers is slordig. Daar is syfers (lyn 5) in die sin wat geen funksie het nie. Die sinne sluit met punte sonder rede ens. Ek verstaan ook nie die progressie in die vers nie want dit voel soos ‘n versameling gedagtes wat saamgegooi is sonder dat dit met mekaar verband hou.
21. Mondig in gesondheid
Jy gebruik die ‘n veranderlike “aksent” by die ‘n elke keer. Die inhoud van die vers is vir my verwarrend. Wat het die gesondheid en mondigwording met mekaar verband? Ek verstaan werklik nie die tema nie.
25. Uitdagings stil geen hongerte
“Velcro” spelling…en dink ook so ‘n beeld mag dalk aanstoot gee.
“Miskien” spelling… Ek beoordeel nie verse as daar spelfoute in is nie.
26. My bootjie van hoop
Die beeld van ‘n boot is mooi, maar ek vind die sinne effe lank wat die ritme hierin steur. Mooi vers nietemin.
SILWER
3. die wildevy
Die beeld van die wildevy in verband met die menslike kondisie is goed. Laat amper aan die Bybelse beeld dink. Jy het ‘n slim vers geskryf. Mooi beelde. Dankie.
5. Oor nuwighede en goeters
Die ontwikkeling in die vers is raak en mooi.
Jou vers lees heerlik en die natvars beelde is welkomend. Welgedaan.
6. Paradoks
Dit is ‘n ongelooflike vers hierdie. Die progressie in jou vers is briljant en die leser word beeldryk saamgesleep in die hartseer verhaal wat tog so gereeld in ons land gebeur. Jy het ‘n verbitterlike seer vers met soveel deernis geskryf. Ek is totaal beïndruk. Die ritme is heerlik en elke woord is sorgvuldig in jou legkaart geplaas. Baie geluk hiermee. Welgedaan.
11. nuwe dag
Die herhaling van “oranje” in die eerste strofe kom maklik vermy gewees het. Daar is ander kleure in die dagbreek. Die beelde in die vers is egter mooi en keurig. Mooi gedoen.
12. eens gebroke
Ek weet wat die kuns van “kintsugi” behels maar ‘n voetnota mag dalk jou lesers help. Ek hou van die verpersoonliking hierin. Slim versie.
13. barrevoets
Die alliterasie aan die begin van jou vers is mooi en opvallend. Ek het egter van die sinne wooedoorbodig en lank gevind. Dit het effe met die rympatroon ingemeng. Jou vers sluit ook stomp.
23. Oggend
Die vers is keurig.
24. My prisma in Sy lig
Alhoewel ek van jou vers hou voel dit tog kripties in sekere gedeeltes. Jou vers is egter keurig.
GOUD
7. ‘n Nuwe nagmaal
Dit is ‘n ongelooflike sterk vers. Die beelde hierin is ryk en pragtig. Alhoewel die vers ‘n donkerte weerspieël is daar tog ‘n hoop wat teen die einde duidelik word. Mooi gedoen.
9. Voëlvry
Die progressie hierin is pragtig. Die oorwinning daar is duidelik en die aanbieding is pragtig. Werklik ‘n mooi vers. Triomfantlik.
14. Seebries
Lieflike vers. Dit is ‘n vars aanslag. Pragtig.
17. Wording
Keurige vers met mooi beelde.
18. Tydig
Baie interessante vers. Die beelde en tema is vars aan aandoenlik. Mooi gedoen.
22. geboorte
Keurige vers wat die leser stof tot nadenke bied. Mooi so.
MENINGSTUK
1. In hierdie oomblik
Jou irritasie in hierdie skryfsel word gedeel. Ek het darem lekker geglimlag op sekere plekke. Die aanbieding is keurig, en ek neem aan minder kras as wat die werklikheid met krag-af by jou huisie is. Dankie vir jou deelname. Ek het lekker gelees
2. Handewas word groot pret
En so leer ons saam jou. Dankie vir jou deelname.
RUBRIEKE
1. Die betowering van eerstehands
Jou rubriek is pragtig versorg. Ek het regtig baie lekker hieraan gelees. Dankie vir die goeie skryfwerk.
2. Op die nuwe jaar
Ek dink jy het jouself goed verwoord en die rubriek se ontwikkeling is uitstaande. Ek het regtig lekker hieraan gelees en sommer ook bietjie moed geskep. Mooi so.
ARTIKELS
1. Neologismes
Dit was baie slim van jou om ‘n poësie term te gebruik om die opdrag in ‘n artikel te verweef. Ek haal my hoed af vir jou deeglik nagevorsde aanbieding. Welgedaan.
2. Lugbraaiers het die wêreld op hol
Dankie vir jou deelname en die inligting. Mooi gedoen.
3. Vryheid van keuse
Jou artikel is baie mooi nagevors en deeglik ontwikkel. Baie dankie vir jou harde werk. Mooi gedoen.
VERHALE:
1. Deurbraak
Dit is ‘n mooi verwerking van die Bybel verhaal. Jou aanbieding is mooi en jy integreer die dialoog baie funksioneel. Baie goed geskryf.
2. Die prefek vertel
Die personifikasie in die verhaal is uitstaande. Ek het regtig baie lekker hieraan gelees. Briljant.
3. Die ou in die spieël
Ek dink jy het jouself goed gekwyt van jou taak. Goeie storie wat lekker lees.
4. Jaar van vergewing
Jou verhaal is nie alleen hartroerend nie, maar ook briljant geskryf en keurig aangebied. Ek moet jou geluk wens met ‘n pragtige aanbieding.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.