Rookvaal skemer
fluister dit … soos die sagte woorde … van ‘n herfsgedig En wanneer dit rookvaal skemer raak sal bloeisels bot en liefde ontwaak …
Loflied
skoongewas deur U bloed gee U my ‘n spierwit kleed maak alles wat sleg is goed soos ‘n goeie herder sy skape lei bring U my na die fontein van die lewe daar is ek vir ewig vry U beskerm my teen gevaar die son sal my nie brand nie in my donkerste nag is […]
Herfstyd
tyd vir afstroping diep kyk en besin tyd om Hom te loof vir ‘n leeftyd van genade gekaarte hande gehef na bo tydelikheid gemeet teen ewigheid van ‘n ondergaande son padwysers van malse lentes ryke somers in volle blom nou vir altyd verby… hande – wat soveel kon hou – soveel verloor het… elke rimpel […]
Suikerbos ek wil jou hӗ
Kyk hoe eensaam staan die suikerbos teen die berg se suidekant hy is maar te dankbaar om die son se strale te sien Wanneer die maan onder die nag se wolkombers uitrol kronkel-kronkel die rivier sy eensame gang Soos die vloei van wyn ritmies vedwyn sag-sag kwyn
Fransmanshoek
Toe het God Fransmanshoek gemaak ‘n wegsteek plekkie uitgekaart hier het Sy vingers stil geraak vertoef Hy ‘n bietjie langer kap Hy ‘n rotspunt uit wat verswelg in die see my stukkie hemel op aarde waar ek weer klein kan voel omring deur ‘n woeste see weet ek dat God sandkorrels afmeet hier is ‘n […]
Boom van my droom
Ek ‘n oumens wat soek na ‘n holte vir my voet. Nie weet waarheen om te gaan, Sien in my droom ‘n boom vol lewe langs ‘n pad staan. Kry die seker wete in my bang gemoed, as die mossies skuiling kan vind hoeveel te meer sorg ‘n Vader vir Sy kind. Maar God se […]
Emmausganger
ek, emmausganger stap my eie klip pad voel nie Jesus se sagte hand aan my skouer vat hoor nie Sy stem wat sê “neem my sagte juk” gaan net gebuk onder my hardehout kruis wat op my skouers druk
Die Laaste
…DIE LAASTE? Was dit vandag die laaste keer Kan hierdie monster met sy lang arms en tentakels wat orals oor kruip en inglip en vasklou en seermaak en net weer kom…..en kom en kom …. Kan hierdie monster asseblief net iets oorkom? Is dit hoe die laaste keer moet voel….seer…stukkend…leeg….koud….woedend….? Kan daar ooit ‘n seer […]
Oggend gebed
Here laat my wees soos ‘n boom wat sy takke ver uitreik vrugte dra op sy tyd aan die moeë reisiger skadu bied ‘n boom geplant by waterstrome waar ek rus kan vind in die oggend U stem kan hoor U woord kan indrink elke dag en as dit nag word rondom my kan skuil […]
Herfsberusting
ek proe die heuning soelte sluk daaraan word vervul met ‘n geel-bruin-blou palet koperblare wat my naderwink ‘n stilte wat in my rus kom vind as skadu’s groei oor my sontapyt weet ek dit is tyd tyd vir berusting weg is die snikhete dae van woeker en verwyt… van vrae van smag na meer van […]