RESENSIE: die film, the ARTIST
The ARTIST In die tyd van 3D-films, SFX (spesiaaleffekte), action-spektakels, romantic comedies en teenie-films – wie gaan kyk nog ‘n swart-wit stomfilm? Nouja, in die tyd van 3D-films, SFX, action-spektakels, romantic comedies en teenie-films waag één film iets eenmaliges: Hy doen afstand van kleur en gesproke dialoog en bring die gevoele van die grootste epoche […]
Kategorie WOORDE: SIMBOOL of SIGNAAL
SIMBOOL of SIGNAAL Daai verkeersteken, die rooi driehoek wat op sy kop staan, is nie ’n simbool vir „Stop!” (Afr. Halt!) nie. En die ene met sy kop in die lug simboliseer nie „Versigtig, gevaar!” nie. So is „B & B” nie ’n simbool vir oornagtingsmoontlikheid nie, ook nie smollippe vir „Los my uit!”, of […]
Resensie: Die film, KRUISWEG
Die film, KRUISWEG In elke rooms-katolieke kerk is die „Pad van Lyding” van die Heer afgebeeld. Dit is in die vorm van veertien tafelbeelde of vlakskulpture wat langsmekaar aan die muur hang. Die gang van Pontius Pilatus tot die graf. Dit begin voor naas die altaar en loop na agter, sewe prente met passende bybeltekste […]
Resensie: IDA, die film
IDA, die film Pole 1962: Die noviëtin, die aspirant-non Anna, is agtien en wil haar geloofde aflê en in die kerk opgeneem word, daar roep die abtesse haar in haar kantoor. Sy word aangesê om haar tante te besoek alvorens hulle haar opneem. Anna die weeskind, is as babatjie in die klooster afgegee, het agtien […]
KATEGORIE verskillendes/snaakses: Aapstert @
KATEGORIE: Aapstert @ Die sogenaamde „aapstert” stam uit ‘n ou afkortingsvorm, waarskynlik in verskeie Europese tale, en kom uit Frans, accent gráve en agut [Afrikaans, aksenttekens (láng, sê ek, teenoor skèrp of kòrt)] In geskrewe Duits word dit (nog altyd, buiten in die elektroniese dataverarbeiding) so geskryf: à. En presies so uitgespreek: à, ‘n kort […]
Resensie: EN DAN DIE REËN, die film
EN DAN DIE REËN, die film „500 Jare Onreg in 100 Minute”, het ’n filmkritikus dit genoem. ’n Spaanse filmgeselskap wil ’n film oor Christoph Kolumbus in Bolivië draai. Dit moet ‘n ware daarstelling wees, en sal ondermeer die swakhede en booshede van die man en sy tyd aan die dag bring. Daarvoor het hulle […]
Resensie: BROOKLYN – ‘n Liefde tussen twee Wêrelde, die film,
Die film, BROOKLYN – ‘n liefde tussen twee wêrelde Die vyftigerjare in Ierland was besonders onaangenaam. Werk was skaars en die vooruitsigte minimaal. Die suster van die opgeskote meisie, Ellis, reël met die hulp van Pater Flood in New York haar emigrasie na Amerika, waar sy hoop om beter te kan lewe en perdalks ‘n […]
donderslag: HONDESLAAN en STOKKESOEK
HONDESLAAN en STOKKESOEK ‘n Roomse priester in Duitsland is sy amp onthef omdat hy na bewering met die kinders in sy bewaring onsedelik sou omgegaan het. Later kom aan die lig dat die bewering van ‘n man sou gestam het – sonder dat hy daarvan weet – wat veertig jare gelede ‘n pak slae of […]
Molshope
Molshope “Moenie ‘n berg van ‘n molshoop maak nie”. Dis ‘n gesegde wat ons almal op skool geleer het. In elk geval dis wat ek geleer het rofweg twee jaar nadat die dinosourusse uitgesterf het toe ék op skool was. Dis ‘n baie interressante gesegde. Vir die wat nie weet nie – dis wat jou […]
Potjiekos vir ‘n Engelsman
Dié Engelsman word opgekommandeer uit Londen uit, om die assistent te word vir ’n opregte boerseun pastoor in die Boland. Geen mens, Engels of Afrikaans, is by magte om dié man te verstaan nie. Behalwe dat dit soos ’n wildvreemde taal klink wat hy praat, praat hy ook soos ’n snelbouler teen honderd en veertig […]