Jongste aktiwiteit:

donderslag: HONDESLAAN en STOKKESOEK

HONDESLAAN en STOKKESOEK

‘n Roomse priester in Duitsland is sy amp onthef omdat hy na bewering met die kinders in sy bewaring onsedelik sou omgegaan het. Later kom aan die lig dat die bewering van ‘n man sou gestam het – sonder dat hy daarvan weet – wat veertig jare gelede ‘n pak slae of ‘n klaps op die wang gekry het. Hy sê, by hom was nie die rede van onsedelike beroering nie, maar die biskop is en bly sy amp kwyt.

‘n Ander man, europese parlementslid, het tydens die onrus van 1968 en daarna beskryf hoe schön (Duits: mooi, lekker) dit is wanneer ‘n vier- of vyfjarige kind jou uittrek – knop vir knop uittrek: én ‘n klompie meer daartoe! Hy het geen enkele woord teruggetrek nie en het nog tot nouliks in Brüssel op sy kussing in die parlement gesit. Wat hy wel nie gedoen het nie, was om die amerikaanse oorlog in Afghanistan te kritiseer.
Juis dít het ‘n biskopin van die Lutherse Kerk gedoen, en sy moes afdank omdat sy met alkohol agter die stuur gesit het. Hoe sy aan die alkohol gekom het, sy wat ‘n nie-drinkerin is, en hoekom die polisie juis aan díé aand juis aan díé straat gestaan en wag het is nie duidelik geword nie.
Die rooms-katoliese biskop en die evangeliese biskopin was nie so slim soos die parlementslid nie: Hulle het altwee twyfel aan die sin en geregtigheid van die oorlog in Afghanistan geuiter. Hy nie.


Êrens is sin, ‘n sin, die sin in die voorafgaande. Watter sin? Waar steek dit ?

©7e.Julie2017____???¿§§§¿?¿§§§¿???________(2011)tje




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed