Resensie: BROOKLYN – ‘n Liefde tussen twee Wêrelde, die film,
Die film, BROOKLYN – ‘n liefde tussen twee wêrelde
Die vyftigerjare in Ierland was besonders onaangenaam. Werk was skaars en die vooruitsigte minimaal. Die suster van die opgeskote meisie, Ellis, reël met die hulp van Pater Flood in New York haar emigrasie na Amerika, waar sy hoop om beter te kan lewe en perdalks ‘n bietjie geld terug te stuur. Maar die eerste tyd, alreeds aan boord van die emigranteskip, is sy deur heimwee geplaag. In New York aangekom het die roomse priester haar al ‘n ordentlike losies besorg, maar die verlange, die verlange . . . Sy kry ‘n aanstelling in ‘n klerewinkel en leer, uiters stadig, hoe om klandisie met ‘n niksseggende glimlag te begroet en bedien. Alles loop so vinnig en onpersoonlik, ja anoniem af.
⩩
[Brooklyn – (Duitse aanhangsel: Eine Liebe zwischen zwei Welten), 2016; VSA / Ierland; regie, John Crowley, met Saoirse Ronan, Emory Cohen, Domhnall Gleeson, Julie Walters, Jim Broadbent; vanaf 0 jare; 113 min. Draaiboek, Nick Hornby na Colm Tóibín se roman met dieselfde naam.]
⩩
In die plaaslike sopkombuis word ‘n immigrantedag gevier: Oral ou mans wat in New York gestrand is na ‘n swaar lewe by die opbou van die nasie – vergete en verlore siele wat nog nie aan heimwee gesterf het nie. Hulle sing treurige tradisionele volksliedere in die ierse taal uit die verlore moederland. En die meisies uit die gemeente bedien verversings en dans met hulle. Dit help Ellis [Ronan] nie oor haar eie heimwee nie, wel die jong man met italiaanse wortels wat sy by ‘n dans leer ken. Tony [Cohen] nooi haar uit om sy familie te leer ken, en, onder die leiding van die streng huismoeder Miss Kehoe [Walters], leer die meisies in die koshuis haar hoe om spaghetti te eet, sonder om haar bloese te versmeer. Die tweetjies ruk al hoe nader aanmekaar en besluit om te trou. Maar sy ouers is daarteen.
Na ‘n jaar is Ellis eindelik „goed aangekom” maar skielik word sy dringend na Ierland teruggeroep waar sy Jim [Gleeson] weer ontmoet . . . Gou genoeg is sy tussen twee „heimatte” geskeur. Haar beslissing tussen twee kulture word op die ou ent ‘n keuse tussen twee mans . . .
⩩
Treurig ja — by tye — maar humorvol, weens die storie met sy beroerende melangolie, „’n hartverwarmende en intelligente gevoelsfliek” het iemand dit genoem. Om nie die begrypende daarbieding van Saoirse Ronan en haar span medespelers te vergeet nie. Vier, ag nee:
Vyf sterre.
⩩
©16e.Desember22016………….c]:o(٤☼☼☼☼☼(o;[>…………………….tje
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
toom al lewer ek nie altyd kommentaar nie lees ek al jou ressensensies en dit maak vir my nuwe horisonne oop