Die graf was leeg
Die graf was leeg. Deur: Ryno du Plessis ’n Ma wat ween.Haar kind se liggaam is gesteel. Was dit deel van Sy oordeel. Die graf is leeg, so ’n skok om te moes beleef. Na aan Sy God het Hy geleef. Opgestaan, die dood het Hy oorwin. Nuwe lewe het Hy gebring. Soos die graf, […]
April 2026 – Patriotisme projek
Beste INKers Op 6 April het die Afrikaner tradisioneel Van Riebeeck-dag (Stigtingsdag) gevier, wat intussen amptelik gesneuwel het ter wille van demokrasie. Dit erodeer egter nie ons geleefde geskiedenis nie, en daarom sal hierdie belangrike datum ons oorhoofse projektema vir April wees. Die tema is dus: Patriotisme. Om jou eie te vier onder die […]
Almal het ’n bêre-kas
Herfs begin vir my nie buite by die blare nie, maar voor ’n oop kasdeur. Dis gewoonlik dan dat ek my klere begin herrangskik, die somergoed eenkant toe skuif en kyk wat nog saam met my die volgende seisoen in moet gaan. Op die oog af is dit ’n eenvoudige taak. ’n Mens haal uit, […]
oorgang (Goud)
en Vrou Herfs besef dat sy uiteindelik in besit geneem sal word deur die winter se nypende greep daarom gooi sy haar kasdeure wyd-oop sy seën die aarde met tuimelende blare sy stoot haar soel genade-asem oor die landskappe haar vloeiende kleurskakerings soggens en saans giet sy met stoïsynse presisie en die bome […]
Stille Herskikking
Stille Herskikking Agter die deur wat effens skeef hang, leef daar meer as net klere. Dis ’n plek waar tyd vou en herinneringe soos stof op skouers lê, onsigbaar totdat jy dit raakvee. Ek staan vir ’n oomblik stil voor ek oopmaak, asof die hout self iets van my verwag: eerlikheid, miskien. Of moed. Wanneer […]
[SILWER] Agter Geslote Deure
Agter Geslote Deure daar is ’n plek waar stilte hang soos stof tussen vergete dae, waar rakke fluister van wie jy was en hangers kreun onder vrae jy trek die deur stadig oop die lug ruik na onthou en miskien, na jasse wat winters oorleef het en hemde wat somers verdien met elke stuk wat […]
Husse met lang ore (Goud)
as kleine kind het ek gedink dit is iets vreeslik geheimsinnig, die husse met lang ore waaroor oupa Koos so kon praat, asof hy self die husse geken het ek het orals gaan soek agter die beeskraal, in Oupa Koos se hangkas langs die klein kook-kombuis onder die kweper bome in die vlei, maar nêrens […]
Kassieglas (Goud)
As ek wakker word, is die spieël van my badkamerkassie my eerste geselskap, sonder voorgee, sonder verskoning en maskers waaragter mense mekaar groet. In die lig van my badkamer is elke fyn lyn sigbaar, die moegheid om my mond vertel van elke nag se gestoei. My vingers vee oor die dowwe kol in die […]
Waar stilte weergalm
(Woordtelling: 1 902) Sophia sug verlig terwyl die sagte kaftan oor haar kop glip. Dit is bedompig en tamheid kleef soos nat klere aan haar warm lyf. Sy hoor weer die dringende roepgeluid van ‘n selfoon. So absurd, want daar is niemand anders hier bo nie. Skielik onthou sy vanoggend se inkopies lê nog in die […]
Op die boonste rak
Lien Meiring het haar stoel effens nader aan die venster geskuif, soos iemand wat nie omgee om gesien te word waar sy sit en kyk nie. Voor haar het die ou eikeboom gestaan, uitgedos in koper, goud en roes. So buitensporig mooi dat dit byna aanstellerig gelyk het. In Huis Herfsblare was daar nie juis […]