Op die boonste rak
Lien Meiring het haar stoel effens nader aan die venster geskuif, soos iemand wat nie omgee om gesien te word waar sy sit en kyk nie. Voor haar het die ou eikeboom gestaan, uitgedos in koper, goud en roes. So buitensporig mooi dat dit byna aanstellerig gelyk het. In Huis Herfsblare was daar nie juis […]
In die reuk van motbolle
Op oupa Koos se plot was daar een kas waaraan niemand sommer geraak het nie. Hy het nie in die voorhuis gestaan waar almal hom kon sien nie. Nee. Sy plek was agter in ’n skemer hoek van die huis. Gewone kaste hou klere en linnegoed. Maar om party kaste kom daar mettertyd ’n heilige […]
Die essensie van sleurtake (618 Woorde)
Ek het ‘n paar jaar gelede op ‘n video afgekom wat handel oor die belangrikheid daarvan om jou bed elke oggend, sonder uitsondering, op te maak. Ene Admiraal William H.McRaven van Amerika was aan die woord en hy het ‘n hele paar voordele van bed opmaak voor die dag begin, met selfvertroue en gesag voorgehou. […]
Tussen leeg en vol #silwer
Tussen leeg en vol Soos die Prediker sou sê: daar is ‘n tyd om bymekaar te maak en ‘n tyd om uit te gooi; ‘n tyd om uit te deel of saam te vat. ‘n Tyd wanneer die leegmaak van kaste ‘n vreemde vryheid bring. Soos die herfsblare jaar na jaar val en die grond […]
metgesel (Goud)
mag daar ‘n kas wees vir elke mens heel hul lewe deur en mag daar wees vir elke mens een met geleefde rakke ‘n vergeelde binnespieël en ‘n ellelange, voosgeleesde seëngebed reg uit die Bybel, daarlangs mag die binneruimtes van elke kas die hartsgeheime van sy mens vashou en daaroor waak nadat dit daagliks geprewel […]
My kopkantoor
My kopkantoor Ek en my boerman sit een aand langs die braaivleisvuur en ek hou hom dop waar hy ingedagte oor die veld staar. Of so het ek altans gedink. Toe ek hom vra waaraan hy dink, het hy my verbaas aangekyk en gesê: “Niks.” Verbeel jou dit! Niks! Die blote gedagte dat iemand die […]
Gelykenis van die herfsmense (554 Woorde)
Ek noem hulle die herfsmense…daardie siele wat daagliks vasgevang is in ‘n herfsseisoen. Elke herfsmens het ‘n kas. Hierdie is nie sommer net ‘n kas soos die res van ons s’n nie. Dit beklee ‘n noodsaaklike plek in hul lewens en is baie belangrik vir hul daaglikse oorlewing in die winkels, die skool, die werk […]
waar my kinderdae woon (goud)
waar my kinderdae woon tussen hout en hangers vind ek dit elke keer: die reuk van seep en sonlig en Red Door wat my wêreld terugskuif na kniehoogte toe ek slaapdronk my pad tot by haar kon vind vir opkrul teen die veilige hitte van haar lyf my vingers volg die nate tot by dae […]
Gee en neem ooreenkoms
Die eerste koel oggend van Maart ontvou stil oor die rooi sand van die Kalahariwoestyn. Die aanvangs van die herfs is binne die denke van die Boesmans in die Kalahari gekenmerk as die tyd wanneer die wind stadig begin draai, soos ’n ou storie wat weer onthou word. Die son hang soos ’n bloedrooi oog […]
skerwe
as blare neer reën lyk dit asof bome huil hul droë blarejas afskud so asof hul besef – droë winter kom so anders is die winterreënval streek waar herfs belofte bring op wieke van die koue Suid-Ooster wind beloftes van sagte suisende verwkikkende seën val die skerwe van jou herfsblare wees net bewus […]