Afrikaner Kind
Ek sit en kyk na waar hulle in die sand en modder speel. In my hart ‘n hartseer maar verligte gevoel dat niks hulle onskuld en kind wees so kan steel. En ek sien klaar in hulle speel en planne maak hoe ons bloed deur ons are oordra en hulle hele mens wees raak. […]
Maart 2026 – Herfs/Kas projek – Komentaar en uitslae
WENNERS Baie geluk aan hierdie 11 lede! BRONS: (1) NO 7 Pierce van Tonder met My wasgoedpennetjie-dae (2) NO 5 Hennie du Toit met Die nuwe begin (3) NO 3 IronLady met Orde SILWER: (1) NO 13 Retha van Deventer met Maak my oop (2) NO 14 Retha van Deventer met Grabbelaar (3) NO 20 […]
Trots Zuid-Afrikaans
Brons “Trots Zuid-Afrikaans” Lande kruis en dwars gereis Deur Suide, Oos en Noord En telke male vind ek my ek mis veral my huis… Jou huis is waar jou hart is en my hart is in mý land! Zuid-Afrika my hart klop sag op die maat van die polsslag in jou hand. Jou melodie’s verslawend, […]
Suiderland
Brons Met drie skepe het hy hier aangeland met die Van Riebeeck gesin aan boord. Die Afikanervolk se wortels kom plant in hierdie mooie Suiderland. Met oortuiging het hierdie volk gegroei en die oë op God gevestig gehou. Die mooi taal het heelwat later eers gekom ‘n taal waarmee die wereld notisie moes neem. Kultuur […]
Afrikaner-kultuurlegkaart
uit ’n magdom kultuurstukkies is ’n stewige raamwerk gebou waarbinne elke legkaartstukkie ’n unieke pasmaatplekkie hou elke stukkie het ’n naam binne die kultuurlegkaart raam godsdiens, taal, literatuur, poësie, skeppende, kunste en boeremusiek is almal Afrikaner-kultuurlegkaart intrinsiek in museums, monumente en Geloftedag lê geskiedkundige Afrikaner-kultuur van toet aanspreekvorme soos ‘oom’ en ‘tannie’ ’n afhaal van [&hell
Die Afrikanerwiel #silwer
Die Afrikanerwiel Gekoester aan die boesem van ons moedertaal verbind deur die naelstring van ons geboorteland vertak oor wydgestrekte kontinente, bou ons ‘n nasie met aksente. Ons taal, ons hartklop, ons siel aangedryf deur ‘n geankerde Afrikanerwiel. Van heinde en verre vind ons ons mense boerewors en melktert in ons spense in sport en kultuur […]
Waar is my Afrikanervolk … (In antwoord op Jan F. E. Cilliers se gedig ‘TROU’)
wat op aandag kon staan “op vaderlandsgrond, sy hartsgebied?” wat ’n vlag kon hys met ’n vallende traan; en uit volle bors ’n Stem kon sing. Waar is my “Afrikanervolk van durf en daad”; waar is my regering wat sy stand kon staan en korrupsie kon verslaan? ’n regering met ’n oog wat deur leuens […]
POTCHEFSTROOM
Soveel slaggate, soveel herinneringe… Die mees bekende, beroemde en berigte name kom hiervandaan. Sou jy dwarsoor die wêreld hierdie dorp langs die Mooirivier se naam noem, sou dit die heelal verlig met glimlagte gedagtig aan stories, baie stories. Oorsprong van die beste geskiedkundiges, ministers, digters, skrywers, sangers, sportmense en… kuiergatte! Ry jy deur die dorp, […]
Vreemdeling in my huis
Vreemdeling in my huis Hoe kon jy Hoe was jy so gemaklik Was jy so tuis Vreemdeling op my bank So gemaklik So oog verblindend Vir hopeloos te lank Vreemdeling in my bed Ekt geveg vir liefde Geveg dat jy my raaksien Maar jy wou nie sien wat jy het. Vreemdeling nou buite my deur […]
Die graf was leeg
Die graf was leeg. Deur: Ryno du Plessis ’n Ma wat ween.Haar kind se liggaam is gesteel. Was dit deel van Sy oordeel. Die graf is leeg, so ’n skok om te moes beleef. Na aan Sy God het Hy geleef. Opgestaan, die dood het Hy oorwin. Nuwe lewe het Hy gebring. Soos die graf, […]