Voor die Here
Elke jaar op die sesde April, dink Lien Meiring nie eerste aan geskiedenisboeke of openbare vakansiedae nie. Sy dink aan haar Oupa Koos se voorhuis. Sy dink aan die vuurherd waar die kole rooi gelê en smeul het agter in die swart raam. Sy dink aan die grootmense om die groot swarthout-tafel. Aan die matjie […]
Geankerde erfenis #silwer
Ek het al op plekke gestaan waar die groen lande wyd voor my oop lê. Daar waar die aarde wys dat lank voor my, al diep spore oor hierdie vlaktes en berge getrap is. Tussen die heuwels en hemel het ek verstaan: om deel van ’n plek te wees is nie iets wat ek gekies […]
Waar dit nog in ons leef
Ja, vandag is dit die 6de April, ek sit hier en ek dink met heimwee terug aan hoe ons dit vroeër gevier het. Daar was ’n tyd toe Van Riebeeckdag nog gevier is! Die dag het ook as Stigtingsdag bekend gestaan. Destyds het die dag nog sy plek op die kalender gehad. In die era […]
Afrikaans, o Afrikaans #silwer
Afrikaans, Afrikaans, o wonder taal grappige gewoontes het jy uit die verlede gaan haal. Uit die mond van die suigeling kom die waarheid, het jy geweet die koei word vergelyk met ‘n feit? Feite of flaters beleef ons elke dag maar met flaterwater vee ons dit uit met ‘n lag. Gebore uit Nederlands word die […]
“’n Mens erf die land by jou voorouers, maar jy deel hom met jou kinders.”
Die nag gooi sy fluweelkaros saggies oor die Kalahari soos ’n moeder wat haar slapende kind besorg toemaak. Die sand van die saggolwende duine klou vir oulaas nog vas aan die hitte van die dag en die sterre skitter soos blinkende oë aan die uitgestrekte hemelruim. Pieter sit langs sy Boesmanvriend, Buks Appelblaar, by sy […]
My taal dans in my hart GOUD
Waarom wil jy my taal vermoor, met anglisismes en vermenging ons moedertaal versmoor wat is dan tog mooier as die suiwer klanke op jou tong… karmenaaitjie, botterblom poenankies en nog meer, ou argaiese woorde wat ons taal so mooi opsom van toeka tot die hede […]
“… laat die erwe van ons vaad’re vir ons kinders erwe bly.”
Toe ek nog ’n kind was het ek baie vakansies by my oupa op sy plaas deurgebring. Oupa het baie gesegdes gehad, maar die een gesegde wat my altyd sal bybly is: “Pietman … Seun, jy moet altyd ’n ware en opregte patriot vir jou land wees. Dan het hy verder gesê, terwyl hy opgekyk […]
Suid afrika my hart
Brons afdeling Suid-Afrika – my hart My hart brand stééds vir jou my vaderland! Steeds laat ek langs wilgeboom my liefde vir jou vloei! My voete trap nog spore oor jou warm sand waar kole van onthou eer warm in my gloei. Ons familiewapen pryk […]
meesterlik Sy skepping (Brons: April 2026)
Brons: April 2026 meesterlik Sy skepping ek onthou die ossewa se kreun in skreeuende kreet wat al bytend oor die klippe en keistene vreet -somber sy lied van vryheid na gelykheidsreg- terwyl hy ingenome die toekoms in veg granietstil die tyd tussen wik-en-weeg word met tweesnydende swaard in gedagtes herleef -vreesaanjaend staan ons in die […]
ʼn Stem wat roep in die woestyn
“En hoor jy die magtige dreuning, oor die veld kom dit wyd gesweef. Die lied van ʼn volk se ontwaking wat harte laat sidder en beef”. Hoor jy dit? GLO jy dit? “Dit is die lied van jong Suid-Afrika” – W.J. Erlank. Ons, die kinders van Suid-Afrika, het al van tevore hierdeur gegaan: pogings om […]