Jongste aktiwiteit:

Afrikaans, o Afrikaans #silwer

Afrikaans, Afrikaans, o wonder taal
grappige gewoontes het jy uit die verlede gaan haal.

Uit die mond van die suigeling kom die waarheid,
het jy geweet die koei word vergelyk met ‘n feit?

Feite of flaters beleef ons elke dag
maar met flaterwater vee ons dit uit met ‘n lag.

Gebore uit Nederlands word die storie oorvertel
ons leer nuwe woorde elke dag op ons sel,

nie die sel binne in ‘n tronk nie
as die strepie bewys jy is ‘n dronkie,

want dronkverdriet lei tot spekskiet
‘n tranegespog sommer verniet

met ‘n grinnik op sy bakkies
glo niemand sy grappies.

Gee boer ‘n bakkie met biltong
sy Toyota bakkie gee hom ‘n voorsprong.

Die son trek water
ry jy ‘n myl op ‘n muil, wag jy tot later,

gee hom ‘n slukkie kasaterwater
want hoe later hoe kwater

Afrikaans, Afrikaans, o wonderlike taal
uit die sweet van die aarde vertel jy jou eie verhaal.

Christa Diederiks ©




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed