Eensaamheid sonder stilte
Eensaamheid sonder stilte Wanneer jy “anders” is, word jou andersheid selde gesien as iets besonders. Dis eerder iets wat ander wil “regmaak”, of hulle vermy jou liefs heeltemal. Jy leer vinnig dat hulle nie woorde gebruik om jou te laat verstaan dat jy nie inpas nie. Dit lê in die manier waarop hulle na jou […]
Hart stilstand
Elke oggend wil my hart gaan staan, dis leeg, jy is nie meer langsaan. Die pyn skiet deur my, vrae hoekom ons nie genoeg was om te bly. Die nagmerrie begin as my oë oopgaan, die dag lê swaar voor my uitgebaan. My asemhaling stop. My longe en hart gee heeltemal op… Dan […]
Oomblikke toe tyd stilstaan
Hulle se dis oomblikke toe tyd gaan stilstaan, die eerste oogopslag wat alle pyn laat vergaan. Dis die klein voete wat diep spore kom trap klein handjies wat in joune sit om deur hierdie lewe te stap. Die nat soene stywe drukkies en dit maak n hart vol al hierdie stukkies. Dis ‘n Gods gawe […]
Ouma se kombuis #Brons
Sou my huis kon proe soos my ouma sin koester klamme beskuit snoesig in doeke gewin beskermend sonder sorge die geur van kaneel veilig en geborge waar alle seer weer kan heel. ons hulp het verrys uit die reuk van skaapboud en rys gesondheid gegun uit die meer – nie die min melktert en souskluitjies […]
Stille verlatenheid #silwer
In ’n wêreld vol mense stap harte alleen, met onvervulde wense en drome wat ween. Op skerms flikker gesigte, laggies word gestuur, maar agter die skerp ligte brand ‘n eensame vuur. Ons dra ons heldemoed soos ’n mantel teen die koue, maar onder die lapgoed klop verbleikte vertroue. Ons praat oor werk […]
Kom maak my skoon
Brons afd Kom Here, kom maak my hart skoon sodat U veilig in my hart kan kom woon kom, en maak my siel sterk sodat ek gewillig net vir U kan werk My hart is nou veilig,my toekoms nou helder Want U vat my nog al hoe verder Ek gee myself vir U, Here So […]
Spinnekop byt
Sy verspotte velhoed sit windskeef oor sy boskas as hy sy oë skrefies maak teen die skerp strale van die onnergaande son. Sy kyk vee oor die volle breedte van sy plaas. Sy naam is oral bekend – Jan van der Merwe. Sy plaas, eintlik nie veel meer as ‘n vergrote plot nie, en grens aan die […]
Stil verlate #silwer
Ons leef in ’n tyd waar die strate soggens dreun van motors, waar restaurante saans gloei van lig en lag, en waar selfone onophoudelik vibreer met name en boodskappe. Tog, iewers tussen die geraas en die glans, stap daar iets stil saam met ons. ’n Onsigbare metgesel. ’n Hunkering om werklik raakgesien te word. Ek […]
Heimwee in die donker #silwer
Heimwee in die donker Ek lê en wag in die donker vir die daglig se verskyning. My lyf is moeg van die lê. Manlief lê rustig langs my en slaap terwyl hy ritmies asemhaal. My gedagtes kom en gaan soos die treine op Londen se stasie. Die stilte raas soos ‘n duisend sonbesies. Dis tog […]
Here Help! Goud
Here, my hande is nooit vol nie dit wat ek ontvang deel ek met ander hoekom Here, is my hart dan so leeg vanaand? Charity starts at home Is dit so moeilik om te glo? Is dit so moeilik om te verstaan? Here my woorde is op ek gooi my alfa en beta voor U […]