Opruim
Jou klere hang nog in my kas met jou parfuum gegeur en in netjiese rye geargiveer blaai ek daardeur soos ons fotoalbum van onthou as ek dieper kyk deur die lig- en skadulyne tussen jou rye en rye skoene kom ek op jou nota af langs die kissie met jou as … “Maak asseblief skoon […]
Ek pak uit Goud
Dis donker en diep in my klerekas. Spinnerakke vorm stofdrade en klou vas aan gister se onthou. Dis donker in my klerekas. My skoene se sole is afgeloop; harde klipgrondpaaie met kronkels en draaie, my spore van seerkry lê wyd. Dis my klerekas. Maskers en jasse en leë bottels parfuum. Kom kies hier […]
Maart 2026 – Herfs/Kas projek
Beste INKers Maart lei herfs in en daarom is die tema wat ek gekies het gepas vir hierdie maand se projek. As die herfsblare verkleur en afval, herinner dit my altyd aan die mens wat sy/haar klerekas herrangskik, die verweerdes uitgooi en bietjie orde skep vir die nuwe seisoen. Hierdie maand se tema is: KAS […]
doodstyding (Goud)
die tyding van Moeder se heengaan die nuus dat haar dralende koma-asem weggeraap is deur die dood had my terug in my primitief-gestroopte staat ek het instinktief…soos knap ná geboorte met dom-benewelde oë die pasgeborene-lê gaan lê my arms het gemaal leeg-omhelsend…tastend na haar, Moeder my huil was […]
woorde is oorbodig – Silwer
die vredige stilte tussen ons spreek meer as ‘n duisend woorde waar ons onbevange flankeer met melankoliese maanligstrale en sterre sito-sito hul verganklikheid sein in flonkerende morsekode jou nabyheid is ‘n kosmiese orgasme
die tiende gebod – Silwer
waar die nag se stilte dawerend weergalm talm ek by teisterende gedagtes eggo weergalose gisters meedoënloos poog ek sinneloos om te verpoos by herinneringe van verbode geluk immer smagtend verbrokkel môres tot poeierfyn hersinskimme vlug vlietende drome voetstoots verslaan deur morele waardes verdoem tot ‘n solo-bestaan vir ewig hunkerend waar die […]
Die grootste hiervan
‘n Rilling glip teen Surika se ruggraat af. Déjà vu … Sy probeer die vreemde gevoel afskud. Dit is darem nou al 15 jaar en ‘n hele leeftyd later. Destyds was sy so naïef en jonk. Ligsinnig, sonder ‘n sin vir verantwoording. Tog het sy toe reeds geweet dat sy haar eie onderneming gaan hê. […]
Beskerm jou brein
Is dit dan nou nie heerlik om ure elke dag uitgesprei op die bank en met ʼn foon in die hand te lê en ontspan nie? TikTok, Instagram, kort YouTube-videogrepe, Facebook, noem maar op. Daar is meer vermaak op daardie klein skermpie as wat enige aapstreke in ʼn sirkus kan bied. In my kinderjare het […]
trapplek (goud)
trapplek gerieflik mis ons mekaar se oë slyt ons hakke af teen harte gesprekke word mesgevegte waar iemand moet verloor elke guns ‘n transaksie met fynskrif en slim skuiwergate waarin jy val omgee word gemeet aan duimpies op ‘n skerm en almal raak honger – meer geld, meer regte, meer besittings – met bekkies oop […]
veralgemeen
alle honde byt gegewe die situasie geen mens of dier wil vasgedruk voel nie oor my duin suis daar vanoggend stilte ver agter blaf die honde geluide van weleer elke brak eeue van ervaring lei tot veralgemeende menslike logika, oordeel botsende waardes lei tot oorlog uniek is jy mens verbysterende […]