die tiende gebod – Silwer
waar die nag se stilte dawerend weergalm
talm ek by teisterende gedagtes
eggo weergalose gisters meedoënloos
poog ek sinneloos om te verpoos
by herinneringe van verbode geluk
immer smagtend
verbrokkel môres tot poeierfyn hersinskimme
vlug vlietende drome voetstoots
verslaan deur morele waardes
verdoem tot ‘n solo-bestaan
vir ewig hunkerend
waar die nag se stilte dawerend weergalm
eggo weergalose gisters meedoënloos
verbrokkel môres tot poeierfyn hersinskimme
verslaan deur morele waardes
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir FEBRUARIE 2026 – OOP projek