
ter helle neergedaal
ritmiese dreunsang
in ouderwetse kerkgebou
ek glo in God die Vader
die almagtige…
totdat Jesus gekruisig, gestorwe
en begrawe was – en ter helle neergedaal het
ja en toe die opstanding!
maar wat het Hy, die Koning van alle konings
in die hel gaan doen?
Hy het soos met Lazarus se verhaal
die twee kante van die hellekloof gesien
aan die een kant die verlorenis:
aan wie hy vertel het van Sy Koningskap
Sy grootste oorwinning, maar hul ewige straf!
aan die ander kant van die kloof die regverdiges
wat gesterwe het voordat Hy gekom het:
aan hulle het Hy die goeie nuus gebring
dat hulle saam met Hom na Sy Vader
se woning sal gaan!
toe Sy opwekking
die Rots van ons geloof
Emmanuel: God is altyd met ons!
Hy sorg vir almal en alles
Hy is steeds in beheer
van Sy skepping
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.