
pap
ontbytkos
saam met wors
en altyd ‘n lang sous
stapelvoedsel
vir menige
mens
as die pap
nie meer meel
kry om dik te word
silos snikkend uitloop
menigte begin klae
honger hul dryf
dan is pap
dalk weer koning
mieliepap, koringpap
pap, botter, suiker
met vars melk
droë perskes
pap vir die volk
is soos die Woord
vir die gelowige
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.