reis en rys
die wind strooi
sandkorrels soos rys
oor my duin en verberg
die spore van gister
sonstrale droog
klam dou van laasnag
wat oor my kar lê en blink
dit glinster en verdwyn
op my bord
lê daar bed van rys
skaap en tamatie bredie
bedek dit en dit ruik heerlik
klein aartappeltjies rol
die lewe reis verby
voor my oë en baie borde rys
kom en gaan soos hotelkos
wat duur maar lekker is
©Teárlach
3 Kommentare
-
Koos Elsum
Hi, Charles baie mooi gedig! Die laaste sin is ek van opinie jy kan beter 🧐 Ek het onderneem om kommetaar te lewer gelyk aan 10% van my gedigte sodat ons kan leer van mekaar binne die INK gemeenskap. Sal graag jou siening verneem en vra om dieselfde te doen asb.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Seirdna
ek hou van "klein aartappeltjies rol"