Kaslaaie vol herfs goeters #silwer
Kaslaaie vol herfs goeters Dit voel soms asof my binneste ‘n kas vol emosie is. Die laaie skuif swaar oop onder die gewig van herinneringe. Sommige is helder soos sonlig op water, ander dowwer, amper vergeel soos ou briewe. Daar is ‘n laaie vir vreugdes, vir verliese, vir liefde wat geblom en gesterf het en […]
Opruim skep ruimte vir hernuwing van jou denke en keuses
In die Suidelike Halfrond, dus ook in Suid-Afrika, begin herfs sy spore in Maart wys. ’n Kenmerk van Maart is ook die korter dae en langer nagte. Teen die einde van Maart sak die son reeds merkbaar vroeër, wat die gevoel van herfs versterk. In natuurlike ekosisteme word die verandering van die seisoen ook sigbaar […]
Tyd is kosbaar (Brons)
Die uurwerk het ge- kantel. Sy glas in duisend […]
Die Nuwe begin
Brons Ek staan voor die kas in my seun se kamer. Die atmosfeer is somber, want ek dra die seer van ‘n pa. Te vroeg het sy stem stil geraak en te vroeg het hy die hemel sy tuiste gemaak, sy kamer steeds onaangeraak. Ek staan voor die kas in ons twee se kamer. My […]
Die Kredietkaart
Brons Ek het die somer verskriklik baie geniet, want ek is ‘n somermens. Party het egter gekla dit is te warm. Daar is blykbaar warmbloedige en koudbloedige mense. Vir my, al is dit warm, is daar altyd die opsie van swem, sekerlik aktiwiteit nommer een. See of swembad, wat is dan nou lekkerder om mee […]
Februarie 2026 – OOP projek – Kommentaar en uitslae
WENNERS: Baie geluk aan hierdie 11 lede! BRONS: (1) No. 19 Johan J van Rensburg met Ouma se kombuis (2) No. 7 Pierce van Tonder met In arendsklou (3) No. 17 Tokkies met Hartstilstand SILWER: (1) No. 4 Charles Skeen met Stilte (2) No. 11 Christa Diederiks met Stilte skree (3) No. 22 Retha van […]
GAAN NA DIE MIER…
…en word wys! Die beste lewenslesse leer ons uit die natuur en die verlede. Ek wonder baie en sommer oor alles: wanneer het mense onderklere begin dra? Wanneer het hulle toiletpapier begin gebruik? Waar het hulle dit wat hulle gebruik het gestoor? Wáár, hóé het daai Victoriaanse vroue met die lang wye rokke toilet toe […]
Die najaar
hang sy verkreukelde mantel op in die kas waar my klere soos herfsblare hang rooi en oranjegeel en roesbruin geordend in rye tussen rakke vol herinneringe en laaie met verkleurde woorde elke hanger dra ’n seisoen van my lewe en in elke hemp se vou is ’n strofe nostalgie toegevou ’n leë hanger herroep die […]
Onthou
Die lewe is deurmekaar. My kop is deurmekaar. Eintlik dink ek alles is deurmekaar. Soos ‘n loskopdolla? Vandag is diè dag. My ou liggaam buk, nee wag! Kom ons gebruik daai lae stoel wat ek eintlik al moes weggooi. Met ‘n veegswaai van my hand sleep ek al die klere in die rak tot […]
Orde
Rak vir rak ek stof en pak ou emosies verlore liefdes wat ek moes en sou van toeka tot nou my foute en flaters hartseer se kraters tot my lewe nommerpas in my brein se kas.