Here Help! Goud
Here, my hande is nooit vol nie
dit wat ek ontvang deel ek met ander
hoekom Here, is my hart dan so leeg vanaand?
Charity starts at home
Is dit so moeilik om te glo?
Is dit so moeilik om te verstaan?
Here my woorde is op
ek gooi my alfa en beta voor U neer
sodat U self die woorde formuleer
my wil is willoos Here
my omgee is moeg
hoeveel meer nog moet ek in dorre aarde ploeg?
Faith and trust
ek glo Here, ek glo
ek vertrou met alles in my
neem my hand, U moet my lei
want ek – Ek kan nie meer nie
© Amanda de Meillon
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir FEBRUARIE 2026 – OOP projek