U IS ALTYD
U IS ALTYD
Deur U genade is ons gered
dit is al wat ons oorhet
dit is my enigste gebed
Ons harte is beset
U beskerm my
U is altyd naby my
U maak my lewe vry
U is altyd langs my sy
O liewe Heer
dit is wat my hele wese begeer
want U is altyd in beheer
wanneer my voete gly
dan kan ek my sondes belei
Ons kan net aan U liefde vashou
ewig aan U heilige mantel vasklou
so nederig toon ons innige berou
Almagtige Here U is altyd getrou
© Eleen van Deventer Vorster
01/10/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.