Reisplan (Opdrag 4)
tussen twee spore van toe en nou
staar ek deur glinsterende diamanttrane
(hoopvol) na die belowende natuurskoon
terwyl my vingers speels gly oor die kreukels van padkaartherinneringe
tussen twee spore van toe en nou
het die belofte van ‘n sewende hemel
soos roet aan my handpalms kom lê –
en net soos steenkool het my drome veras
© Ryno Rossouw
6 Kommentare
-
Callie Vermeulen
Pragtig Ryno.
-
Carin Erasmus
baie mooi en diep...
-
Driekie
Baie mooi verwoord.
-
Loretta Szikra
Oragtig gedoen Ryno.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie