laat gaan
laat Gods-water
oor Gods-akker loop
moet nie teen prikkels
skop en stoei nie
oor my duin
oordonder die geluid
nog een wit huis word
steen vir steen gebou
saam met elke
veranderlike in jou
verander jou omgewing
teen die spoed van lig
soos elke sonsopkoms
nuwe lig en lewe kom baar
oor die wye see en strand
so lewer dit gedagtes
my duin lê rustig
in die wete dat Hy daar is
oral en ewig, in beheer
van Sy skepping
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.