Jongste aktiwiteit:

Eendag

Eendag

Bitterbessie dagbreek,

bitterbessie son.

Ek weet dat mý dag

helaas ook sál kom…

Diep koester ek my jongmeisiedroom

Deur die wasige sluiers van die plaaswilgeboom

Dans glansende pêrels in sag satyn

waar die vroegoggendson oor die landskap verskyn.

…en ek leen solank ‘n ietsie uit die onskuld van die veld

‘n tikseltjie blou uit die hemelgewelf

‘n Ietsie oud uit vervange se grou…

Sal die spiëel van die liefde my vind in jóú?

Soek ek langs die grootpad

Of wyk ek in die tweespoor af –

Weet ek Hy sal jou veilig hou

solank as wat ek soek na jou!

Bitterbesie dagbreek,

bitterbessie son

ek sal ‘n groot makietie hou

wanneer my dag dan eendag kom!

Juanri

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 




1 Kommentaar

  • Anze

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir FEBRUARIE 2026 – OOP projek Onthou asb as jy van iemand anders se woorde gebruik maak (in hierdie geval Ingrid Jonker se Bitterbessie dagbreek gedig) moet jy in n voetnota erkenning daarvoor gee asb

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pieter Mostert het ‘n nuwe publikasie gemaak