Heimwee
Heimwee (4de skryfkompetisie) Heimwee verlange na kaggelvuur en pannekoek knetterhout kaneelgeur en bloedrooiwyn tuis… ©PcV
Lewens wysheid
Lewens wysheid. Die fetus van onssamelewing Is ook die ankers van ons menslike samesrelling. Daai fetus begin as verdraagsaamheid en wedersydse respek teenoor mekaar selewens, gevoelens, liefde vir mekaar. ROELF
vreugde-fees
skyn nou jou liggie skyn konsentreer op hul deugde verander hul pyn in vreugde sing vir hulle die liedjie fyn daar is ‘n kindjie gebore Hy het konings laat bewe geen sonde in Sy hele lewe sing dit in jul mense kore in die Hemel wag Hy reeds vir ons sien Hy hoe ons Sy […]
Die man met die ligblou oe – Deel 6
Die man met die ligbou oë – Deel 6 Susan de Kok sit in die vroeë oggendure in die klein sitkamertjie van die geheime woonstelletjie. Sy het reeds opgelet dat daar iemand buite die woonstel is, die persoon se skaduwee was onder die voordeur sigbaar. Toe sy deur die loergaatjie kyk, kon sy in die […]
Die man met die ligblou oe – Deel 5
Die man met die ligblou oë – Deel 5 Daniel stap na die rak vol wapens. Hy kyk na die Sig-Sauer wat hy by die dooie wag afgeneem het. Die wapen lyk goed, twee magasyne is vol. Hy kies nog drie vol magasyne vir dieselfde wapen asook ‘n nuwe 9mm met drie vol magasyne. Hy […]
Die man met die ligblou oe – Deel 4
Die man met die ligblo oë – deel 4 Daniel stop die vragmotor en druk die rathefboom in eerste rat. Dan ry hy stadig goederestoor 7 in Parkstraat in. Daar staan verskeien mans in swart geklee, meeste van hulle het wapens van een of ander soort. Die man met die lang swart jas en donker […]
Murasies
in die leë ruimtes van murasies – eens herehuise of halfwegstasies – eggo stom die krete van vergete stories teen naak gestroopte mure wat is dit van ou murasies wat so bekoor waar ek myself in stories kan verloor eens herehuise met kristal, satyn en porselein gevul met lewe, lag en samesyn nou slegs geraamtes […]
My lentelied
My lentelied het ‘n vals akkoord die wysie deur die wind verwaai ‘n seevoël hang in eensaam vlug in ‘n grou en somber lug ‘n vreugvolle dag het rooi gebreek rooi soos ‘n ryp granaat bome bot hul bloeisels wit – elders, waar dit lente is My lente is maar ewig laat verdwaal in die […]
‘n Boom vir jou
Ek het vir jou ‘n boom geplant om jou die pad te wys, het ek gedink sodat jou oorskot dit kon voed jy, die kompos wat dit sou laat groei en as die tyd sou kom tot wasdom laat gedy Jou boom groei al hoe groter sy takke reeds versprei ek dink jy’t lankal vry […]
Gekruisig
Gekruisig daar is spykers daar is bloed daar’s soldate Hy moet boet daar’s geen antwoord as Hy roep daar is redding as Hy groet @Sophia Lessing Kopiereg voorbehou 14 April 2017