Jongste aktiwiteit:

Die man met die ligblou oe – Deel 4

Die man met die ligblo oë – deel 4

Daniel stop die vragmotor en druk die rathefboom in eerste rat. Dan ry hy stadig goederestoor 7 in Parkstraat in. Daar staan verskeien mans in swart geklee, meeste van hulle het wapens van een of ander soort. Die man met die lang swart jas en donker bril lyk soos die leier. Daniel laat die trok rol tot amper by die man, sluit die enjin af en klim uit.

Daniel wonder nog oor die Kolonel se belofte dat hy oppad gekontak sou word, maar hy moet vir nou sorg dat hy lewendig hier uitkom. As die kopers die goedere het, het hy geen nut meer nie, en sal hulle hom heel waarskynlik wil doodmaak. Daniel is baie bewus van die situasie en konsentreer hard om elke detail van die omgewing in te neem terwyl hy na die donkerbril man stap.

“Alles daar?” vra die man in ‘n swaar Afrika-aksent. “Ek het niks afgelaai nie, as dit is wat jy bedoel. Hier’s die sleutels..”antwoord Daniel en hou die enkele sleutel aan die ringetjie omhoog. ‘n Gewapende spierpaleis stap nader e neem die sleutel by Daniel. Hy gluur hom grynslaggend aan. “Daar’s net nog een ding” sê Daniel en lig sy ander hand in die lig op. “Ek is seker jy sal verstaan, maar ek moes voorsorg tref. Iemand wag vir my, indien ek nie binne tien minute by hulle is nie, of indien ek hierdie noppie druk, sal die hele vragmotor en die pakhuis opgeblaas word”.

Skielik raak donkerbril baie gespanne, hy het nie ‘n bom verwag nie en hy gluur in Daniel se rigting. Sy hand beduie na die vragmotor, “Soek dit!” skree hy ‘n bevel. Twee van die manne in swart klouter dadelik in die vragmotor en begin oraloor soek na die bom. “Julle soek vergeefs” sê Daniel, “ek stap nou maar, veilig ry…”en hiermee begin hy na die oop deur stap, sy hand met die swart afstandbeheer steeds in die lug. Die deur is veertig meter ver, Daniel stap vinniger en fokus op die deur sowel as enige klanke om hom wat sou klink asof daar op hom geskiet gaan word. Skielik spring hy vorentoe en hardloop so vinnig as wat hy kan die laaste twintig meter. “Skiet hom!” hoor hy Donkerbril se bevel en die eerste skote begin klap. Daniel bereik die deur en glip vinnig na links en hou aan met hardloop tot om die hoek van die gebou. Hy kyk vinnig terug net om te sien hoe gewapende mans deur die deur storm en in verskeie rigtings begin beweeg. Dit is duidelik dat hulle nie weet waar hy is nie, maar dat hulle hom gaan soek. Hy draf vinnig tot by twee watertenks en skuil in ‘n donker hoek, haal diep asem en beplan sy volgende beweging. Uit sy wegkruipplek sien hy hoe ‘n gewapende man versigtig nader beweeg. Hy kan Daniel nie in die donker sien nie en aan sy houding is dit duidelik dat hy hom aan die ander kant van die watertenks verwag. Toe hy verby die eeste tenk stap glip Daniel geruisloos tussen die tenks in, lang dun mes in sy hand, skouerhoogte met sy elmboog gebuig. Blitsvinnig steek Daniel die gewapende man in die nek, deur die hoofslagaar en die strottehoof, geruisloos, dodelik. Die man gryp na sy keel, maar Daniel het hom klaar aan die kraag en sleep hom tussen die watertenks in. Hy gaan vinnig deur die man se sakke, druk alle dokumentasie wat hy kry in sy eie sak, neem die Sig-Sauer aanvalswapen en magasyne en glip geruisloos weer die donker skaduwees in.

Skielik hoor Daniel hoe die vragmotor se enjin aangeskakel word. Hy draf na die hoek van die pakhuis, net betyds om te sien hoe die vragmotor, gevolg deur ‘n swart Landrover die pakhuis verlaat. Die vragmotor ry stadig genoeg vir die manne wat hom gesoek het om op te spring. Voor in die Landrover sien Daniel vir Donkerbril. Hy tel sewe wagte, met Donkerbril is dit ag, tesame met die dooie een, nege…heel waarskynlik ‘n seksie van 10. Soos die vragmotor en die Landrover se ligte in die pad af verdwyn skakel Daniel die Kolonel. Die Kolonel antwoord dadelik, “Buit is gevat, ongeveer 9 gewapende manne, almal in swart, leier in lang jas en donker bril. Hulle beweeg wes op Parkstraat met trok en Landrover”, soos hy praat vou Daniel die papier oop wat hy in die wag se sak gekry het. Hy lees die nota en herhaal dan die informasie aan die Kolonel. “51 eerste, Vryburg, R35000, dit staan op ‘n nota wat ek gekry het”. R35000 is seker sy betaling,” antwoord die Kolonel, “51 Eerste is seker ‘n adres, dalk in Vryburg…ons sal gou kyk. Bly daar, ek stuur ‘n voertuig, kom in”. en met dit lui die Kolonel af. Tien minute later daag daar ‘n Mercedes ML 350 by die pakhuis op. Daniel klimby die passasiersdeur in en die voertuig beweeg vinnig weg in die rigting van die snelweg.
***
Susan skrik skielik wakker in die vroeë oggendure. Vir ‘n oomblik is sy heeltemal deurmekaar in die onbekende plek. Sy kyk om haar rond, besef waar sy is en lê terug teen die kussings. Haar oë is toe en haar arm hang oor haar voorkop. Sy sien nie die skaduwee wat verby die venster beweeg nie, hoor nie die rubbersool voetstappe verby die voordeur nie en is glad nie bewus van die gewapende man op die bebou oorkant die staat nie. Sy staan op en gaan na die badkamer, met tandeborsel in die mond vasgebyt klim sy in die stort en draai die krane oop. Die sterk sproei van die water laat haar gespanne lyf ontspan en sy begin om haar tande te borsel en dna sjampoe in haar hare te smeer.
***
By ‘n grys gebou aan die oostekant van die stad stop die Mercedes vlugtig. Die deur gaan oop en die voertuig ry tot in die gebou. Daniel klim uit en stap deur die groot grys deure, verby die hysbakke en kom ot stilstand voor ‘n eenvoudige hout deur. Daar is ‘n metaal pneel aan die regterkant van die deur. Hy plaas sy regter handpalm op die plaat en voel die ligte vibrasie soos die sensors sy handafdruk lees. Die deur skuif geruisloos oop en weer toe nadat Daniel ingestap het. Die vertrek is goed verlig, daar is verskeie rekenaars en ‘n groot videoskerm teen die een muur. Op die skerm sien Daniel die vragmotor en die Landrover wat deur die stil strate van die voorstad ry.

“Ek het jou gesê jy sal gekontak word oppad” kom die Kolonel se stem van iewers agter Daniel. “Ons kon jou nie laat weet nie, maar daar is verklikkers op die vragmotor en ook van die vrag gesit soos jy gery het.” Daniel is effens geskok want hy was van niks bewus nie, maar aan die ander kant is hy beïndruk met die vernuf waarmee dit gedoen is. “Die smokkelaars is meestal vryskut, Nigerië, Kongo, Somalië en Mosambiek. Die leier is Alain Allande, Nigeriër, wat ons al lankal dophou. Hy het verlede maand onder die radar verdwyn, maar nou weer sy opwagting gemaak. Hy is groot, maar hy’s nie die grootbaas nie. Hulle is oppad na Hussain Bin Alli Bin Suleiman, hy is baie naby, intel oor die presiese plek word tans ontleed, ons sal nounou weet waar die slang wegkruip.”

Daniel voel hoe die woede in hom opstoot toe die naam van Hussein Alli genoem word. Hussein Alli, berugte wapenhandelaar, moordenaar, internasionale terroris en slinkste van die slikses. Hy is verantwoordelik vir verskiee bomaanvalle in London en Parys, was deel avn die beplanning van die 911 slagting en ‘n regterhand van Osama Bin Laden. Na Osama se dood het Hussein Alli ‘n splintergroep oorgeneem in Solamië en voer hy terreuraanvalle regoor Europa en Afrika uit. Daniel onthou hoe hy gesien het hoe die man self 12 mense veroordeel het omdat hulle op ‘n christenmissie in Somalië was, hoe hy die mans laat kniel het en elkeen in die agterkop geskiet het, hoe hy die 3 vroue laat buk het en, vir vertoon en omdat hy ‘n monster is, hul onthoof het met ‘n panga, die lyke net daar in die woestyn laat lê het vir die roofdiere en aasvoëls, en toe gelag het en skote in die lug geskiet het “Allaha akbar! Allaha akbar!” eggo die uitroepe van oorwinning nog in Daniel se kop. Hy draai stadig na die Kolonel wat hom stip dophou. “Hierdie keer” sê die Kolonel, “kom hy nie weg nie, nee, die keer het ons hom”. Daniel knik net en kyk terug na die groot skerm waar die trok met die wapens en die Landrover duidelik op die snelweg sigbaar is, oppad na ‘n onbekende bestemming.

(word vervolg)

© Grootvissie
Desember 2017




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed