Jongste aktiwiteit:

‘n Boom vir jou

Ek het vir jou ‘n boom geplant
om jou die pad te wys, het ek gedink
sodat jou oorskot dit kon voed
jy, die kompos wat dit sou laat groei
en as die tyd sou kom tot wasdom laat gedy

Jou boom groei al hoe groter
sy takke reeds versprei
ek dink jy’t lankal vry geword
van aardse swaartekrag en wroeg
jy’s die suurstof wat my daagliks voed

Ek het ‘n boom geplant, vir my
om eendag as ek oud is
my skaduwee te wees
waar ek kan droom en reflekteer
oor tye saam met jou

® Copyright Estelle Rubow – 20/08/2015




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed