Jongste aktiwiteit:

Kinderkersfeesrympie

Ek onthou nog daardie kersfees
(wat was ek, amper drie?)
ek’t ‘n donkiekar sien aankom
in die wit lig van die maan

onder sterrelig en klokkespel
moes ek verwonderd staan
oor hierdie groot gebeurtenis
waarvan ek min verstaan

die ou oom op die donkiekar
het steun-steun afgeklim
sy baard was wit, sy lang jas rooi
hy’t ‘n meelsak oor sy skouer gegooi

grootoog het ek dit als aanskou
en toe gewens my pa kom gou
maar ongelukkig mis hy als
want hy moes kraal toe gaan

die oom’t gesê hy’s sinterklaas
en sy swaar sak neergesit
uit sy ronde maag het hy gelag en in my oë gekyk
ek was verbaas want hy het soos my pa gelyk

ek het hom oopmond aangegaap
ek was totaal verstom
oor sinterklaas met sy donkiekar
wat die heelpad plaas toe kom




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed