Jongste aktiwiteit:

Veel meer as net ‘n boom my vriend

My ou kolos, my terapeut, my vriend…
deur eeue heen het jy gegee, gedra en gemaak
met min erkenning vir jou las en daad.

Van skepping tot nou het jy meer gegee
as wat die mensdom ooit kon dink of redeneer.

Jy moes die appel dra van verwyt…
al het jy mondloos probeer waarsku met gekraak
en swaai van jou takkerige arms,
het hul jou nog gebruik vir ‘n skerp doringkroon
van pyniging en vernedering –
en tog het jy ook my Meester gedra op jou skouers – in Sy donkerste uur,
moes jy ook die mens aanskou met sy traan en ewige spyt.

Gedra in oorlog en sy fatale besluit…
het jy gegee, ondersteun, geleun – sonder bloue duit.

en
tog
ja
tog

Is jy nogsteeds daar met jou ewige kalmte,
sing jou blare ‘n duet saam met die voëls
van die hemel en sus my ontstuimige gemoed –
en wanneer jy dink ek vergeet van jou teenwoordigheid
krap jy met jou tak vinger teen my binnekamer ruit.

Wanneer ek te versonke raak in my eie gedagtes,
kruip jy versigtig tot agter teen die muur,
en dans ‘n stille tango met elke voorwerp in die vertrek,
slaan ek dan nogsteeds nie ag op jou roep…
ruk en pluk jy aan die venster ruit
en gee duidelik erkenning van jou misnoeë
tot ek my armmans kitaar optel en saam neurie –
sodat die klank dra… ver oor die oop vlaktes.

Tevrede strek jou skadu’s dan saam met die son in die namiddag,
totdat jou donker lyf af ets in die nanag met helder maan,
vergenoeg laat jy die hemel voëls toe om te skuil
onder jou lang tak arms, wyl uil
keel skoon maak vir sy nag roep.

My ou kolos, my vriend is jy ook daar met ons laaste duet…
jou laaste vrag – in die sesvoet gat…
het jy ons steeds nie verlaat.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed