Klokke dans
Klokke dans
Kling-klang-klong roer die wind
in jou murg en long
dwaal kog’lend soos ’n kind
en sing vir my ’n “song”.
Sus my saggies, sus my slaap
maak vergeet, maak stil
met ‘n kreun en ‘n gaap
duisel ek onder jou wil.
Kling-klang-klong
wou nog “worry”, wou nog ‘foes
sleep slinger bedwaarts
swingel jou laaste klong
sluit ek ’n dag vol roesemoes
maak kop en kussing maats.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.