Irisse in blom
Irisse in blom
Jou nokturniese uil weeklaag vannag
hier op my hart se muur…
gevul met nostalgiese drome
van weleer se skimme –
skimme wat tokkel op hul ramkietjie,
speel hul jou weemoeds liedjie.
Hang ek Irisse uit oor ’n gekrookte riet
staan gemaak in stille heides
wyl jou beeld verdwyn in die niet
en my droom verdwaal oor jou einders.
Skryf ek ikabod, in die sand
en pluk ’n stukkie kanferbos
lê ek my hart in my hand
en skeur my siel los.
Hoe verbind ek joú nou –
verwarm ek díe kou?
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.