Jongste aktiwiteit:

Vensters van my hart misreën

Vensters van my hart misreën

Die reuk van klam seesout hang in die lug…
en my gemoed raak tuis in jou skoot
met oë wat saggies kiesa oor jou Oosterkim –
verken ek jou oerspel
en drink van jou ondeurgrondelike kalmte
wyl ek ongeskoei drentel oor jou vel.

Vleiend streel jou gety oor my voetloop
en steel my spore ongevraagd;
koggel my balans op sy pad terug
en bulder triomfantlik met sy vonds.

My voete vind jou blou geriffelde klip
en my hande soek na jou skulp skatte –
ongenooid ruis jou skuim klots bleekwit
oor my gedagtes wat langs my lȇ.

Deurdrenkte gisters spoel fraiing
voos tussen sand en rots poeletjies –
my hart skulp die orige onthoutjies
en draai sy rug op jou bekoring.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed