Vensters van my hart misreën
Vensters van my hart misreën
Die reuk van klam seesout hang in die lug…
en my gemoed raak tuis in jou skoot
met oë wat saggies kiesa oor jou Oosterkim –
verken ek jou oerspel
en drink van jou ondeurgrondelike kalmte
wyl ek ongeskoei drentel oor jou vel.
Vleiend streel jou gety oor my voetloop
en steel my spore ongevraagd;
koggel my balans op sy pad terug
en bulder triomfantlik met sy vonds.
My voete vind jou blou geriffelde klip
en my hande soek na jou skulp skatte –
ongenooid ruis jou skuim klots bleekwit
oor my gedagtes wat langs my lȇ.
Deurdrenkte gisters spoel fraiing
voos tussen sand en rots poeletjies –
my hart skulp die orige onthoutjies
en draai sy rug op jou bekoring.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.