Kom Stille – Heilige Nag
Kom stille – heilige nag. (4de skryfkompetisie)
Sal stille nag vir ons ooit sing?
heiligmaking na ons toe bring
sterre wat vrede verkondig
redding teen ‘n wêreld se sondes
selfs in die middel van die dag
voel dit soms soos pikdonker nag
tot êrens sien ons ‘n flou lig wat skyn
en besef Sy krag het nooit verdwyn
hoop is ‘n draad om aan vas te hou
maar soms soos drenkelinge wil ons aan lewe vas klou
stampe en stote van die vyand sal kom
dan sien ons duisternis in plaas van die son
liefde is ‘n verreweg wens
wat net gesien word deur ‘n rooskleurige lens
die wat lei val dan self in die sloot
op wie vertrou ons – waar is hoop?
dan…
onthou ek die Betlehem kind
wat gesê het “klop en jy sal vind”
wat donker deur mis laat verdwyn
gebore vir elke hart wat skree van pyn
wat gesê het “kom – die wat bemoei is en belas
Ek sal dit ruil vir ‘n juk so sag”
die sterre jubel in die stilte van nag
want ‘n Redder is gebore vir hierdie dag
©PcV
“met apologie aan Carma Shaw”
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.