Jongste aktiwiteit:

Hoe kan ek U ooit vergeet

U Genade is onbeskryflik groot
Ons vind dit in U Woord.
Die maan en sterre het U gemaak.
Daardeur weet ons dat U is volmaak.
Al is ons harte rou.
Op U kan ons altyd vertrou.
So loop ons deur die lewe.
Vergeet soms dat ons na U moet strewe.
Na U Heer kan ons kyk.
Daar is niemand met wie ons U kan vergelyk.
Trane drup af van my wang.
Ek is bang.
Heer toe vat jy my in U hande.
Laat my terugkeer met rose in my hare.
Hoe kan ek U ooit vergeet?

My lewe was deurmekaar.
Het te veel foute gemaak.
Deur pyn het ek gegaan.
Gekyk of ek U iewers kon gewaar.
N stem het my geroep.
Gered uit my verdroef.
Pad vir my oopgemaak waarop ek kon loop.
Gewys het dat ek op U kon hoop.
Heer jy laat my nooit in die steek.
Help my om U nooit te vergeet.
Maklik is dit om verraai te word deur die wereld se dinge.
Luister na mense beroof van hul sinne.
Tye wanneer ek gly kan ek altyd verbly. Want U is met my.
Hoe kan ek U ooit vergeet?

In die oggende as die son hom verbly want U Majesteit is by.
Weet almal wat is U naam.
Geskrywe het dit lank gestaan.
Kom laat ons dit nie deur ons vingers glip. U glory bewys tot in n klip.
Saam sal ons met Hom staan.
Kom ons Prys Sy heilige naam.
Konings kinders is ons!
Verewig wil ons by U bly.
As die maan vanaaand gaan sak. Verheubel alles tot Eer van U naam.
Want veraf het ons U gewaar.
Ons geloop het en was gedaan.
Het U ons gedra.
Deur moeilike tye in U arms omvou.
Net aan U Heer sal ons op vertrou.
Hoe kan ek U ooit vergeet?




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed