Jongste aktiwiteit:

nors

op my duin voel ek nooit nors
mense kom en gaan en geniet
branders spoel en breek sag
wind waai soms sand in jou oë
meeue gil en skreeu van plesier
op strand is almal rustig en kalm
net soms – soms kom daar iemand
iemand met berge vol bagasie
bagasie wat hul wil aflaai
aflaai op eerste beste plek
op eerste mens of dier
dan kan dit moeilik raak
selfs diere aanvaar nie nors
frons is teken van nors
glimlag kos tog niks
om waarheid te sê
wanneer my duin
onder my hard raak
selfs dan kan ek nors
nie verstaan
wat ‘n lelike ding
om aan jouself
te doen

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed