Jongste aktiwiteit:

Verlore soos jy

As jy by my kon wees sou jy dit beter kon verstaan.
Dat jou spore wat agter gelaat is nogsteeds in my hart ontstaan.
Jou smile is al wat ek aan kan vasklou.
Gedagtes van jou tussens dou druppels in n wereld so rou.
Ek dink aan jou in die oggend as die son so helder skyn.
Tot die maan in die aand gaan le.
n Flikkerende aanraking van jou verby.
Daar is iets wat ek wou sou verander.
Net om jou vir altyd te kon voel.
Kan nie nou!
Ure moet eers verbytel tussen n gewemel en gewoel.
Jou drome le nie tans by my.
Maar n lewe met weelde en skate wat ook vinnig kan verdwyn.
As ek dit kon verander sou ek jou my hart gee.
Jou red van n eensame gevoel.
Na n plek waar jy sonder seer weer die lewe in die oe kan kyk.
Sonder die dat jy niks kon doen as om dit te ontwyk.
Trane omring my siel.
Klou vas in my binneste en laat my op my voete gly.
Ek struikel, maar val nie.
Regop moet ek bly!
Verlore net soos jy!

Mens raak besig met daaglikse dinge
Terwyl Liefde soms smokkel met jou sinne.
Onverwags sal dit jou vang soos n dief in die nag.
Net nog n dag.
As die lewe jou n rondomtalie gooi.
Jou spoke jou jaag, en jou paaie verbysterend raak.
Probeer ek saam met jou sin van alles maak.
Sien jou daar staan met n klomp vrae.
Of is dit die moeite werd is om verder so aan te gaan?
Dit is nie!
As jy dit tog net kan laat begaan.
Want dit is nie vir jou!
Maar verlore net soos jy!

Met n lewe van gebrokenheid het jy alleen gestap.
Eintlik smag jy net na n stukkie sonnige dag.
My gebroke stukke moes ek nog optel.
Voor die dag dat jy my uit die bloute onkant vang.
Diep in my oe gekyk.
Ek was half verdwaald bang.
Omring met jou teenwoordigheid.
Verskrik want hoe moet ek verder maak?
Hier het jy my nou met n gedagte van n innige gevoel.
Wat ek vir jou koester is opreg en bedoel.
Ek is nou hier!
Jy hoef nie meer verlore te voel.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed