Werklik vir my
Daar is struikel blokke om oor te klim.
As jy jou lewe met mening wil vervul.
Die houe was hard maar jou woorde vul my hart nogsteeds met smart.
Ek onthou toe jy my bekyk met n hart al te fraai.
Net om my daarna om te swaai met beloftes om my te paai.
Jare het verby gesleep dat ek my liefde met jou wou deel.
Ek gehoop het net om jou hart te kon steel.
Vandag is dit weer rou.
Nog n dag wat verbysleep besig met dinge.
Was dit werklik vir my bedoel?
Kyk ek nou terug na die dae van seerkry.
Onthou ek weer dat ek my hart net moes beet kry.
Jou woorde klou steeds aan my vas.
Dan laat spat ek dit soos glas in die donker nag.
Laat gaan die negatiewe en omring jouself met die positiewe.
Is wat mense almal sal verwag.
Terwyl hul ook sleep deur nog n dag.
Almal probeer hulself te vind.
Ons loop op kronkel paaie, wat ons jaag deur die wind.
Haastig is ons almal om eerste oor die lyn te kom,
Kyk ons na mekaar vir hulp om die pyn te verdoem.
Is dit werklik vir my bedoel?
Jou oe was soms sag op my gerig,
Maar kyk hoe skryf ek dan nou nog n gedig.
Tye wat jy my moes bystaan, en net gelaat het om alles alleen te dra.
Maak my nou n nuwe mens met steeds baie vrae.
Was jy werklik daar?
Vandag sien ek weer dat daar het niks verander,.
Jy maak my net seer nes die ander.
Hoop jy kan eendag verstaan,
Sover soos die maan kan jy dit nie net laat staan.
Klou jy vas aan die verlede.
Onthou net dinge wat jou nou nog laat bewe.
Waarna wil jy strewe.?
As jy dink daar is niks om voor te lewe.
Die donkerte omvou jou.
Jy klou steeds vas aan dinge wat jou steeds laat rou.
Just let Go!
Onthou as dinge te veel raak, en jy dink jy kan dit nie maak.
Jy sal opstaan en aanhou lewe al is dinge nie altyd volmaak.
Ons almal probeer van alles sin te maak.
Ek wil aanhou lewe.
Daar is baie om voor te strewe.
Want dit is werklik vir my gemaak.
Geskryf deur Jolene
25ste Januarie 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.