
deel
meeue op strand deel dit met my
en al die ander strandwandelaars
golwe wat kom en gaan verstaan
wat almal daar bymekaar bring
feestyd vir ons wat seemusiek lief
fisante sit hoogdrawend en bekyk
hierdie besondere opera uitgevoer
deur natuur en mense teenwoordig
kraaie gil verbaas uit die boomtop
eenkant op my duin sit my lyf stil
terwyl my siel oor dit alles sweef
stilte in gees se gewone malhuis
gedagtes waarin nuus oorheers
gedirigeer deur Skeppershand
so kom dae en weke voor my verby
storms vlieg en stil dae vertrek eers
dat elke mens kan besef sy plekkie
in die groot heelal is so nietig klein
soos korrel sand in wêreld-woestyn
verbly my siel hom en pyne verdwyn
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.