
Kombi
in stad bloedvate
vloei kombi strome
rooi wit en tussen in
nou gerandsteen
werkers styf ingeblik
skree oor en weer
staar doodstil na selfoon
op die saam ry rit
skielik skree remskywe
sitvlakke skuif reg
koue stadslug spoel
oor interne muf
haastige donkerbril baas
trap die koppelaar
sit die besigheid
weer in rat
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Bjorn Inglish
ek is nog meer beindruk met jou beeldspraak. die een baie geniet, dit skep n presiese beeld van n unieke gebeutenis. Geluk!