Jongste aktiwiteit:

kwispel

 

 

van Terwispel in Friesland

tot by Twisfontein in Vredenburg

is daar altyd wispelturigheid

een wil altyd wispelturiger

as ander wees

temperament verskil

kulture versny

terwyl verskille

al kwispelend bly

soos hond se stert

gaan wispelturigheid

onverstoord voort

soos dwingel

tussen mure

met twis

twissies

en ook

geskille

wat eeue

kan duur

sonder om

bygelê te word

alles die skuld van:

wispelturigheid

vanself

 

© Tearlach.

‘n Dwingel is die ruimte tussen twee vestingmure. Dit bestaan uit ‘n plat terrein, meestal begroei met gras.

 

 

 

 

 




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed