Lagunenberg
Uit die eb en vloei van lig en lyn,
ewig deinend soos die seegety,
verrys Lagunenberg
haar glansend’ mere opgedroog,
al lank nie meer die ys en reën
– die vlaktes lê stom om haar heen –
eens majestueus,
nou net nog ‘n griffelplaat
vir die graffiti van ons tyd,
letsels oor haar mooi gelaat
dié geseling ‘n gruwelikheid
Hoe kan die Heer nog vreugde vind
in Sy maaksel, Sy brutale kind
se hebsug, selfsug en vernietiging
van hierdie mooi en stil woestyn?
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2018 - Poëtiese orde projek