Jongste aktiwiteit:

Groot genade

Groot genade

Groot genade gee Sy lewe in ruil vir myne
met sy offer maak Hy my vir ewig syne
die vloek van sonde het Jesus vir my gedra
die verlossing bewerk, soos deur die Vader gevra.

Groot genade gryp my uit sonde se suier mag
reinig my met die bloed van die Lam se krag
neem my na die troonkamer van die Vader
tot wie ek sonder enige veroordeling nader.

Groot genade gooi Sy arms beskermend om my
sodat satan en sonde geen houvas oor my kan kry
laat my wandel op die paaie van geregtigheid
geklee met goddelike eer en heerlikheid.

Groot genade giet Sy Gees oorvloedig oor my uit
sodat niks en niemand die ywer in my kan stuit
deur die Gees gevul is ek nou ʼn lamp in Sy hand
om ander te lei na God se Beloofde Land.

© Stephan Uys 2018/06/10




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed