Landkaart Bakens
In die atlas
kyk ons almal
na paaie wat na vele
nader en verder,
streke gaan.
Die reis is egter
die klippies en stampe
wat sy voetblok
in elke gemoed laat.
Aanvaar die reis van ander
sonder verwyt
of afdwaal,
eie paaie egter lê
diep ewige spore
in die gemoed.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.