laat vrugte
die enkeldoring
troon oor die bosse
soos droë matriarg
van weleer
donker groen
staan lemoen boom
sy laat vrugte hang
tussen digte blare
ekstra voedsel
water op kontoer
waar vog versamel
blare lê en vrot
oud is ‘n man
grysaard so krom
lewe blom ook laat
latente vrugte
langs die see
bloei sy lewenstyd
soos druppels dou
oor sand se vou
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.